Onderrig in die tyd van COVID-19: Kollig op Midstream College

Die COVID-19 pandemie het almal onkant gevang. Dit terwyl die nasionale afsondering nuwe uitdagings vir skole, hoofde, onderwysers, leerders en ouers bied.

 

Graag wil ons julle inspireer en motiveer met ons nuwe reeks “Kollig op…” waar ons gaan kyk hoe skole in hierdie tydperk die uitdagings aandurf en die verskillende hulpmiddels wat hulle gebruik.

– Onderhoud met Hoof Dr Carel Kriek, Midstream College

(CLICK HERE TO READ THE ENGLISH VERSION)

1. Wat het eerste deur jou gedagtes as hoof gegaan toe jy hoor daar word ’n nasionale afsondering aangekondig?

Ons was in ’n sin gelukkig. As ’n privaatskool werk ons skoolkalender effens anders as die gemiddelde staatskool in die sin dat ons ook daardie Vrydag wat die nasionale afsondering begin het, gesluit het. Ons moes toe die Woensdag sluit en het dus net twee dae verloor. Ons sou in elk geval drie weke vakansie gehad het tot en met die Paasnaweek.

Ons was dus redelik op koers. Toe kom die aankondiging en wat dit eintlik geïmpliseer het, is dat die drie-weke vakansie waarna die onderwysers uitgesien het toe nie ter sprake was nie. Hulle het basies toe net ʼn paar dae gehad om te beweeg voor hulle tuis moes bly.

2. Hoe het julle voorberei vir die nasionale afsondering?

Ons het seker gemaak dat ons die eerste Vrydag in “lockdown” met die ouers gekommunikeer het dat die skool weer direk na die Paasnaweek sal voortgaan en dat dit dan net aanlyn gaan wees. Die onderwysers het toe genoeg tyd gehad om voor te berei.

Wat ons egter in ’n baie bevoorregte posisie geplaas het, is juis dat ons al baie jare terug van ITSI se aanlyn sisteem begin gebruik gemaak het. Ons matrieks het al van graad 8 af groot geword met e-leer, met handboeke in elektroniese formaat en met tablette. Min het ons besef dat een van die groot voordele is dat elke kind gewoond is aan die elektroniese platform en om inhoud elektronies te kry.

Ons kan nog steeds die ITSI-platform gebruik soos altyd waar die onderwysers inligting kan deurgee aan die kinders deur middel van die platform. As ek met my kollegas praat wat nog nie op ITSI is nie, is dit een van die grootste uitdagings. Hulle moes ewe skielik op Google Classroom gaan, maar dit beteken elke kind moes ’n e-posadres hê, so daar was geweldig baie werk wat moes gebeur om dit reg te kry. Van hulle werk op Microsoft Team, maar selfs daarvoor het jy ’n klomp voorwerk nodig.

3. Watter rol sou jy sê speel ITSI se tegnologie tydens die afsondering?

Wat ons in ’n goeie posisie sit in hierdie tydperk is dat die ITSI-platform in plek is en ons kan gereeld sien of die leerders aanlyn is al dan nie.

Dit help ook baie dat ITSI se ondersteuningspan ons steeds weekliks kontak om te hoor of als in orde is en of hulle met enige iets kan help. Hulle help of gee advies waar nodig. As daar byvoorbeeld ’n klein probleem met die bediener by die skool was, kon ons IT-span saam met ITSI se span seker maak dat dit vinnig weer regkom en werk. Dit is puik van ITSI dat hulle aanhou om ’n diens lewer.

4. Hoe ervaar die onderwysers by jul skool die nasionale afsondering?

Die onderwysers soos met alles in die lewe het gemengde gevoelens. ITSI en alles wat ons in plek het, het ons goed voorberei om aanlyn skool te gee. Hulle mis egter die kinders en kollegas. Ons is in die onderwys primêr om ‘n verskil in kinders se lewens te maak. Nou onderrig ons hoofsaaklik en opvoeding is moeiliker so vanaf ‘n rekenaar-/tabletskerm.

5. Hoe gaan dit met julle graad 12s? Oor die algemeen word daar heelwat bekommernis oor die groep van 2020 uitgespreek.

Ons leerders skryf hulle eindeksamen deur die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) en ons LO-departement het by die eksamenraad toestemming gekry om al hulle matriek evalueering self te doen.

Die IEB wag ook maar vir die staat se nuutste plan, maar dit is wel duidelik dat die werk wat by skole geassesseer word (dit tel 25% van finale punt) wel effens verminder gaan word. Minder toetse en/of opdragte sal in leerders se portefeuljes hoef te wees vir 2020. Die Junie-eksamens vir graad 12’s by staatskole is reeds afgestel om meer onderrigtyd te bied. Die volle kurrikulum sal steeds tydens die eksamens gedek word.

Ek dink wat op hierdie stadium moeilik vir die leerders is, is die feit dat hulle kultuur en sport mis. Hulle lei mos almal aan “FOMO (Fear Of Missing Out)”. Ek dink om die sosiale en sport geleenthede wat hulle sou bywoon te mis, is die grootste leemte wat hulle tans ervaar. 

6. Hoe gaan dit met julle graad 12s? Oor die algemeen word daar heelwat bekommernis oor die groep van 2020 uitgespreek.

Ons leerders skryf hulle eindeksamen deur die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) en ons LO-departement het by die eksamenraad toestemming gekry om al hulle matriek evalueering self te doen.

Die IEB wag ook maar vir die staat se nuutste plan, maar dit is wel duidelik dat die werk wat by skole geassesseer word (dit tel 25% van finale punt) wel effens verminder gaan word. Minder toetse en/of opdragte sal in leerders se portefeuljes hoef te wees vir 2020. Die Junie-eksamens vir graad 12’s by staatskole is reeds afgestel om meer onderrigtyd te bied. Die volle kurrikulum sal steeds tydens die eksamens gedek word.

Ek dink wat op hierdie stadium moeilik vir die leerders is, is die feit dat hulle kultuur en sport mis. Hulle lei mos almal aan “FOMO (Fear Of Missing Out)”. Ek dink om die sosiale en sport geleenthede wat hulle sou bywoon te mis, is die grootste leemte wat hulle tans ervaar. 

7. Enige raad of advies wat jy vir ander skole kan gee?

My groot raad in hierdie tydperk as ek dit maklik kan stel is “less is more”. Ons onderwysers moet nou leer om so effektief moontlik klas te gee sonder om baie tyd te gebruik, bv. ’n 10-minute les op video gaan in hierdie tyd miskien net so treffend wees as ’n les wat 40-minute lank is. As mens in ag neem dat daar nie nou tyd bestee word aan klaswisseling, of om ʼn bywoningsregister in te vul nie – kan mens aanvaar dat daar nie so baie lestyd verlore gaan as mens die lesse verkort vir afstandsonderrig nie.

Mens moet onthou dat die leerders ook in hierdie vreemde gedompel is en dat hulle dit ook dalk oorweldig vind. Sonder om hulle te erg te oorweldig dink ek die “less is more”-prinsiep bly die beter aanslag in hierdie tyd. 

 

 

Volg ons op sosiale media

     . 

Vir meer inligting of om met ITSI te skakel oor ‘n demonstrasie vir moontlike e-leer oplossings, kontak ‘n konsultant by sales@it.si of 012 941 1546.


Related articles

How to help a learner struggling with (Coronavirus) anxiety

  • Optimi Classroom

  Introduction We’re all on edge because of the coronavirus. Our daily lives have been disrupted, we aren’t sure what tomorrow…

READ MORE

Onderrig in die tyd van COVID-19: Kollig op New Generations Academy

  • The ITSI Team

Die COVID-19 pandemie het almal onkant gevang. Dit terwyl die nasionale afsondering nuwe uitdagings vir skole, hoofde, onderwysers, leerders en ouers bied.   Graag…

READ MORE